Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4:22-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?

23. En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kapérnaüm gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook.

24. En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie.

25. Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land,

26. en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na ’n weduwee.

27. En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.

28. En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;

29. en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

30. Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

31. En Hy het afgekom na Kapérnaüm, ’n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.

32. En hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.

33. EN in die sinagoge was daar ’n man met die gees van ’n onreine duiwel, en hy het met ’n groot stem uitgeskreeu

34. en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

35. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36. Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ’n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!

37. En daar het ’n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing.

38. EN Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur ’n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.

39. Toe gaan Hy oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

Lees volledige hoofstuk Lukas 4