Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 2:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in daardie dae het daar ’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2. Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.

3. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4. En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5. om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7. en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

8. EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9. En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.

10. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11. dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

12. En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13. En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

Lees volledige hoofstuk Lukas 2