Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:17-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

18. EN ’n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

19. En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.

20. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.

21. En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.

22. En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.

23. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

24. En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.

25. Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

26. Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?

27. Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

28. Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

29. En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,

Lees volledige hoofstuk Lukas 18