Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WANT ek wil hê dat julle moet weet wat ’n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,

2. dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,

3. in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.

4. DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.

5. Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.

6. Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,

7. gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2