Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 9:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man

7. en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.

8. Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?

9. Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.

10. Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?

11. Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.

12. En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.

13. Hulle bring hom na die Fariseërs — die man wat vroeër blind was.

14. En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 9