Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 9:10-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?

11. Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.

12. En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.

13. Hulle bring hom na die Fariseërs — die man wat vroeër blind was.

14. En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.

15. Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.

16. En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ’n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.

17. Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is ’n profeet.

18. En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.

19. En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?

20. Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;

Lees volledige hoofstuk Johannes 9