Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 8:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11. En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

12. EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

13. Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.

14. Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

15. Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.

16. En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17. En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.

Lees volledige hoofstuk Johannes 8