Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:9-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?

10. En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyfduisend in getal.

11. En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.

12. En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.

13. Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.

14. Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.

15. En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.

16. EN toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.

17. En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.

18. En die see was onstuimig, omdat ’n sterk wind gewaai het.

19. En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.

20. Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.

21. Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.

22. DIE volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.

23. Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6