Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:44-53 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

44. Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

45. Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.

46. Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.

47. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.

48. Ek is die brood van die lewe.

49. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.

50. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

51. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

52. Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?

53. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6