Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:24-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.

25. En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?

26. Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.

27. Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

28. Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?

29. Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

30. En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?

31. Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6