Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:20-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.

21. Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.

22. Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,

23. sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

24. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

25. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.

26. Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.

27. En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

Lees volledige hoofstuk Johannes 5