Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HIERNA was daar ’n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.

2. En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort ’n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.

3. Daarin het ’n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.

4. Want ’n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

5. En ’n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.

6. Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ’n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

7. Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.

8. Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.

Lees volledige hoofstuk Johannes 5