Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:8-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.

9. En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.

10. Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.

11. Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?

12. U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?

13. Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

14. maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

15. Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

16. Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

17. Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ’n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ’n man nie;

18. want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

19. Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ’n profeet is.

20. Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.

21. Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.

22. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

Lees volledige hoofstuk Johannes 4