Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes —

2. alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels —

3. het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.

4. En Hy moes deur Samaría gaan.

5. Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.

6. En die fontein van Jakob was daar Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.

7. Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —

8. want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.

Lees volledige hoofstuk Johannes 4