Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 3:30-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Hy moet meer word, maar ek minder.

31. Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

32. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.

33. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.

34. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.

35. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

36. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Lees volledige hoofstuk Johannes 3