Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 16:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.

17. Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: ’n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?

18. Hulle het dan gevra: Wat is dit wat Hy sê: ’n Klein tydjie? Ons weet nie wat Hy sê nie.

19. En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien?

20. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.

21. ’n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ’n mens in die wêreld gebore is.

22. Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.

23. En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

24. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Lees volledige hoofstuk Johannes 16