Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 16:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HIERDIE dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie.

2. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ’n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys.

3. En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

4. Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

5. En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?

6. Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul.

Lees volledige hoofstuk Johannes 16