Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:3-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5. Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

6. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.

7. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.

8. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.

9. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

10. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

11. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

12. Maar die huurling en hy wat nie ’n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.

13. En die huurling vlug, omdat hy ’n huurling is en niks vir die skape omgee nie.

14. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

15. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.

Lees volledige hoofstuk Johannes 10