Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 3:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Net so is die tong ook ’n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand.

6. Die tong is ook ’n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

7. Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.

8. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

9. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

10. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 3