Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAAROM moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.

2. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,

3. hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,

4. terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

5. Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;

6. maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?

7. U het hom ’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.

8. Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2