Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:6-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.

7. En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.

8. Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.

9. En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.

10. En daar was ’n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ’n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

11. Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ’n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;

12. en hy het in ’n gesig ’n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.

13. Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;

14. en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.

15. Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ’n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.

16. Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9