Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:34-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

35. En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

36. En in Joppe was daar ’n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

37. En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in ’n bovertrek neergelê.

38. En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.

39. En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.

40. En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.

41. En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.

42. En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9