Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:33-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. en hy het daar ’n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.

34. En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

35. En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

36. En in Joppe was daar ’n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

37. En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in ’n bovertrek neergelê.

38. En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.

39. En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9