Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:22-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.

23. En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.

24. En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;

25. maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in ’n mandjie te laat afsak.

26. En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel was nie.

27. Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.

28. En hy het saam met hulle in- en uitgegaan in Jerusalem

29. en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

30. En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9