Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:18-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

19. En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.

20. EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.

21. En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hý nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?

22. Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.

23. En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.

24. En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;

25. maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in ’n mandjie te laat afsak.

26. En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel was nie.

27. Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9