Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd ’n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.

2. En godvresende manne het Stéfanus begrawe en ’n groot rou oor hom bedrywe.

3. Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.

4. En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.

5. En Filippus het afgekom in ’n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.

6. En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

7. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ’n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8. En daar was groot blydskap in daardie stad.

9. En ’n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.

10. En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8