Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 6:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ’n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.

2. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.

3. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

4. maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

5. En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ’n Jodegenoot uit Antiochíë,

6. wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 6