Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:6-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. ook Annas, die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7. en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?

8. Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9. as ons vandag ondervra word oor ’n weldaad aan ’n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10. laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het.

12. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14. En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15. Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4