Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:11-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het.

12. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14. En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15. Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

16. en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ’n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17. Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.

18. En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19. Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

20. want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.

21. En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.

22. Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4