Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 27:27-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.

28. Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle ’n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.

29. En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.

30. Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi.

31. Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.

32. Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.

33. En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

34. Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal ’n haar van sy hoof val nie.

35. Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.

36. En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.

37. En ons was in die skip altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig siele.

38. En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.

39. En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het ’n inham met ’n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 27