Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:7-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

8. Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?

9. Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.

10. Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.

11. En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12. Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,

13. het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ’n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.

14. En toe ons almal op die grond val, hoor ek ’n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

15. Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.

16. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ’n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

17. terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur,

18. om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ’n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26