Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:22-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:

23. dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ’n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.

24. Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ’n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.

25. Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

26. Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in ’n hoek gebeur nie.

27. Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.

28. En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ’n Christen te word.

29. En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.

30. En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Berníce en die wat saam met hulle gesit het.

31. En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.

32. En Agríppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26