Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.

9. En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.

10. En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed,

11. aangesien u te wete kan kom dat dit nie meer as twaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie.

12. En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of ’n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.

13. En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie.

14. Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

15. en ’n hoop op God het, ’n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

16. Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24