Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 23:22-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.

23. En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou tweehonderd soldate gereed om na Cesaréa te gaan, en sewentig ruiters en tweehonderd lig gewapende manne, teen die derde uur van die nag.

24. En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.

25. En hy het ’n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:

26. Claudius Lísias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!

27. Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy ’n Romein is.

28. Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring

29. en uitgevind dat hy beskuldig word oor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie.

30. En omdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode ’n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!

31. En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.

32. En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.

33. En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.

34. En die goewerneur het die brief gelees en gevra uit watter provinsie hy was; en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 23