Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitiléne gekom.

15. En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trogíllion oorgebly en die dag daarop by Miléte gekom.

16. Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.

17. EN van Miléte het hy gestuur na Éfese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.

18. En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het

19. en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;

20. hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20