Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:23-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.

24. Want iemand met die naam van Demétrius, ’n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ’n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.

25. En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,

26. en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ’n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.

27. Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.

28. En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efésiërs!

29. Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Aristárchus saam, Macedóniërs wat reisgenote van Paulus was.

30. En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.

31. En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19