Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:47-52 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

47. Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ’n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

48. En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.

49. En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.

50. Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ’n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

51. Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.

52. En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13