Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:14-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

15. En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

16. Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

17. Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met ’n hoë arm hulle daaruit gelei.

18. En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.

19. En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.

20. En daarna omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.

21. En van toe af het hulle ’n koning begeer, en God het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis, ’n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank.

22. En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

23. Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,

24. nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.

25. En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13