Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.

17. Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na ’n ander plek vertrek.

18. En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

19. Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.

20. En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s’n ontvang het.

21. En op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.

22. Daarop het die volk hom toegeroep: ’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!

23. En onmiddellik het ’n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

24. Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.

25. En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12