Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 2:10-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.

11. Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.

12. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.

13. En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

14. Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

15. Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,

16. terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

17. Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ’n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!

18. Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ’n oortreder;

19. want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 2