Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. PAULUS en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:

2. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

3. EK dank my God elke maal as ek aan julle dink —

4. en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap —

5. oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe,

6. omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

7. soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

8. Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.

9. En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,

Lees volledige hoofstuk Filippense 1