Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 6:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

15. En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

16. Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

17. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

18. en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 6