Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 3:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BEGIN ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?

2. Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;

3. omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.

4. So ’n vertroue het ons deur Christus by God.

5. Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 3