Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 12:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —

4. dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie.

5. Oor so ’n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.

6. Want as ek sou wil roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.

7. En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ’n doring in die vlees gegee, ’n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.

9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 12