Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 1:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

12. En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,

13. my wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

14. En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 1