Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 1:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

11. volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

12. En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,

13. my wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

14. En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

15. Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

16. Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 1