Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonicense 3:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.

8. Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.

9. Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,

10. terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

11. Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

12. en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,

13. sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonicense 3