Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 9:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Het ons dan geen reg om ’n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?

6. Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7. Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8. Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?

9. Want in die wet van Moses is geskrywe: ’n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?

10. Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.

11. As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ’n groot saak as ons julle stoflike goed maai?

12. As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

13. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 9