Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 9:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ’n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18. Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19. Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.

20. Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.

21. Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet — al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus — om die wat sonder die wet is, te win;

22. vir die swakkes het ek soos ’n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

23. En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ’n deelgenoot daarvan kan word.

24. Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 9