Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 4:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders.

15. Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

16. Ek vermaan julle dan, word my navolgers.

17. Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.

18. Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie;

19. tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;

20. want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 4